Gert Koevert

Sanger en liedjieskrywer Gert Koevert se debuutalbum Geseëld is in 2012 vrygestel. In 2013 is Geseëld genomineer vir n Ghoematoekenning. Die rasperstem-rocker se tweede album Op pad is in 2014 vrygestel en is weereens genomineer vir n Ghoematoekenning. In 2016 is die album Net So vrygestel wat bestaan uit ou bekendeliedjies. In 2018 word Anderkant die Highway vrygestel met 10 oorspronklike liedjies uit Gert Koevert se pen.  Gert Koevert was ook aan die stuur van die opname sowel as die produksie van die nuwe album. Anderkant die Highway is van Gert Koevert se mees opregte en eerlikste werk met lekker kuier by die vuur musiek wat handel oor goeie tye, maar ook n paar diep geestelike liedjies wat die moeilike tye waardeur hierdie sanger die afgelope drie jaar gegaan het aanraak. ñ Jaar en nege maande gelede het Gert Koevert, soos hyself sê: sy stukkende lewe vir sy Hemelse Daddy gegee en sy drank en depressie probleme volkome in Jesus se hande gelaat. Dis met groot dankbaarheid dat ons kan se Gert Koevert is al twee jaar skoon van enige alkohol en anti – depressante. Die rasperstem rocker is ñ baie liefdevolle mens en sy familie is sy hele lewe. Gert praat nooit sleg van mense en glo as jy niks goed kan se nie bly eerder stil. Ek haal aan.  Om te kan sien is ñ wonderwerk. Om die mooi in als te sien is hoe ons dankie sê - Gert Koevert

Listen to songs from the new album.

Follow me on...

Facebook -- https://www.facebook.com/gertkoevert/ Instagram -- https://www.instagram.com/gertkoevert/ Twitter -- https://twitter.com/settings

Anderkant Die Highway nou beskikbaar!

Subscribe to stay connected!

Stay connected with news and upcoming show dates.