MEDIAVRYSTELLING


Datum: Mei 2015

Uitgereik deur Vonk Musiek

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za




GERT KOEVERT - NET SO


Sanger-liedjieskrywer, Gert Koevert, se nuutste album, Net So, bied iets heeltemal anders as sy vorige albums aan. Bekende liedjies wat gewoonlik versoek word en wat hy gewoonlik tydens sy vertonings sing, is nou in sy persoonlike styl op die album te hoor. Maar dis nie al nie; daar is ook nuwe oorspronklike liedjies sowel as iets vir rugby-ondersteuners wat vir die Leeus skree. Net So sal teen einde Junie op die rakke wees.


Die album se konsep het eintlik by die skryf van 'n liedjie vir die Leeus begin, sê Gert. "Daarna wou ek nog liedjies skryf wat lekker is om na te luister, die tipe wat 'n mens by 'n braai of kuierplek kan geniet." Dan voeg hy by: "Dis die eerste album met 'n bietjie covers op. Ek het die liedjies opgeneem soos wat ek dit gewoonlik in die pubs doen."

Daar is 15 snitte op Net So. Die album skop af met George Ezra se Budapest, gevolg deur Van Morrison se Brown Eyed Girl - twee uitstekende treffers uit twee verskillende eras. Dan volg Doodloopstraat (vanaf sy vorige album, Op Pad), die eerste van Gert se oorspronklike liedjies.

Net soos met sy vorige album het Gert saam met vervaardiger Jon Buckley gewerk. Die hooffokus was om die liedjies op Net So te laat klink soos wat Gert dit gewoonlik by vertonings sal doen. "Met Sweet Child of Mine het ons 'n klavier en akoestiese kitaar gebruik en met Knocking on Heaven's Door het ons nie eers tromme gebruik nie, net 'n mondfluitjie en kitaar," vertel hy. Ook met My Hometown het hul slegs van die nodigste instrumente gebruik gemaak.

Twee van sy splinternuwe liedjies op die album is Water & Vuur en Junior, wat van Vlaams na Afrikaans vertaal is. "Dis liedjies wat ek by Belgiese vriende van my gekry het en vertaal het tot dit lekker op die oor geval het," het Gert vertel.

Candle light & Rooiwyn is een van Gert se nuutste liedjies wat hy self geskryf het. Nog twee wat hy en Jon saam geskryf het is Ons is die Leeus en Lions for Life. Gert is self 'n trotse ondersteuner van dié span.

Net So is 'n akkurate toonbeeld van Gert Koevert soos wat hy op die verhoog gesien kan word. Te danke aan goeie liedjiekeuses, goeie vervaardiging en Gert se unieke styl, slaag hierdie album daarin om 'n balans tussen nuwe en bekende liedjies te handhaaf. En danksy die verskeidenheid en elke liedjie se andersheid is dit 'n album wat 'n mens geïnteresseer

                                                                                                                                           www.gertkoevert.co.za


Kry ons op:

Gert Koevert © Website Done by Platinumads