Wow! Vandag klop my hart van dankbaarheid! So jaar en ñ half gelede het ek besluit om ñ nuwe projek aantepak. Ek het begin skryf aan liedjies wat op die nuwe album sou kom....nie net skryf nie maar ook besluit om self aan die stuur van die produksie te wees. Dit was baie harde werk maar gelukkig het ek ongelooflike talentvolle mense om my gehad wat tot laat saam met my in my studio gewerk het aan die projek. Mense soos Gavin Wickham, Dewald Koekemoer, Michael Wickham en Dalene Louw. Dankie vir almal van julle se harde werk! Ek is so dankbaar vir mense soos my vrou Karina, die ouers en Lydia Winchester wat deur alles aan my geglo het. Al die laat aande se werk is nou genomineer vir ñ Ghoema toekenning in beste Rock Album katagorie! Alle eer gaan aan my Hemelse Daddy wat my gespaar het om my stories te kan vertel in die vorm van musiek. “Anderkant Die Highway” behoort aan Hom en aan almal wat na die songs luister!!!!

Baie Liefde,

Gert Koevert

Listen to songs from the new album.

Follow me on...

Facebook -- https://www.facebook.com/gertkoevert/ Instagram -- https://www.instagram.com/gertkoevert/ Twitter -- https://twitter.com/settings

Anderkant Die Highway nou beskikbaar!

Subscribe to stay connected!

Stay connected with news and upcoming show dates.