Hier is die woorde van my lied 'Vry' vanaf die 'Anderkant Die Highway' album. 

 

Vry - Gert Koevert

 

Ek sien Jou oë

Dit kyk tot diep binne my

Dit sien die seer

van al jare se probeer

 

En ek roep

Met die hoop dat Jy hoor

My stem weergalm teen berge

Tot ook die sterre my kan hoor

 

Nou’s ek vry

Vry om lief te kan hê

Vry om soos Jesus te loop

Geen vingers te wys 

my vyande te wys

Liefde net soos Hy

 

En ek soek

Soek na die antwoorde van bo

Ek het die wêreld deurkruis

My siel verloor op die reis

 

En nou staan ek hier

Op my knieë by die kruis

Ek het my antwoord gekry

 

Ek’s van my kettings bevry

So help my asseblief

Om deur nuwe oë te kyk

En om elke dag

Meer en meer soos U te lyk

 

En nou’s ek vry

 

 

Listen to songs from the new album.

Follow me on...

Facebook -- https://www.facebook.com/gertkoevert/ Instagram -- https://www.instagram.com/gertkoevert/ Twitter -- https://twitter.com/settings

Anderkant Die Highway nou beskikbaar!

Subscribe to stay connected!

Stay connected with news and upcoming show dates.